EntertainmentNewsNews

Kunstenaar kuier saam met NHVS

Die NHVS susters van die Hervormde Kerk Grimbeekpark het op Maandagaand 8 Junie die koue trotseer met gluwein en pannekoek om te kom luister na die begaafde kunstenaar, Annemarie Coetzee.

Annemarie Coetzee entoesiasties aan die gesels.

Sy het gesels oor die pad van genesing nadat hul seun Willie in 2001 noodlottig deur die weerlig getref is. Dit was voorwaar ‘n inspirerende en motiverende aand wat altyd onthou sal word. Annemarie se kuns getuig van simboliek, realisme en impressionisme. Sy het ook ‘n spesiale talent wat die susters verbaas het. Sy kan met albei hande tegelyk skryf, die een natuurlik ‘n spieëlbeeld van die ander.

Besoek gerus Annemarie se webwerf by www.annemariec.co.za om ook haar talent te ervaar.

Related Articles

Back to top button