NewsNews

38ste meeste misdaad in land in Potchefstroom aangemeld

Daar is ongeveer 1 140 polisiestasies in die land, maar Potchefstroom is die dorp in die land waar die 38ste meeste misdaad aangemeld word.

Dit het aan die lig gekom toe Crimestatssa.com die nuutste misdaadsyfers verwerk het om te wys in watter areas in elke provinsie die meeste misdaad voorkom.
Volgens Crimestassa.com is daar 12 057 misdade tussen April 2017 en Maart 2018 in Potchefstroom aangemeld.
Die enigste ander polisiestasie in die provinsie waar meer misdaad aangemeld is is Rustenburg met 18 722. Ikageng is vyfde op Crimestassa.com se lys met 8 629. Dus is Potchefstroom die stasie waar daar die tweede meeste in Noordwes aangemeld word.
Volgens Businesstech.co.za, hou hoë misdaadsyfers gewoonlik verband met die aantal mense wat in ’n betrokke area woon. Dus kom die meeste misdaad in Gauteng, die Wes-Kaap en Kwazulu-Natal voor, aangesien dit die mees digbevolkte provinsies is en die land se grootste metro’s kom ook in dié provinsies voor.
In die geval van Potchefstroom en Ikageng is daar egter meer misdaad hier aangemeld as in groter stede in Noordwes soos Klerksdorp of Mafeking waar daar aansienlik meer mense woon.
Volgens die sensusopname van 2011 woon daar 148 875 mense in Potchefstroom, Ikageng, Promosa en Mohadin.
In Klerksdorp, Jouberton, Manzilpark en Alabama woon daar volgens dieselfde inligting 190 608 mense.
In beide areas is slegs twee polisiestasies wat klagtes hanteer. In Potchefstroom en Ikageng is daar saam 20 686 misdade aangemeld, terwyl in Klerksdorp en Jouberton daar saam net 16 841 misdade aangemeld is. Hoewel daar dus meer mense in dié area is, is daar minder misdaad aangemeld as in Potchefstroom.
Potchefstroom en Ikageng is verantwoordelik vir ongeveer 17% van die misdaad in Noordwes.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button