NewsNews

Opgespoor maar byna niks oor nie

Opgespoor maar byna niks oor nie

Terwyl ’n opsporingsmaatskappy, buurtwag en ander groepe Vrydag help soek het na ’n gesteelde dubbelkajuit bakkie, was daar binne twee uur bykans niks van dié voertuig oor nie. Die voertuigdiewe het die bakwerk en onderdele blitsig gestroop. Selfs die enjin is uitgehaal.
Hendro Kleynhans vertel dat hy en sy gesin Vrydagaand ’n kleuterskoolkonsert by die laerskool bygewoon het.
Na die konsert was sy wit Toyota Legend 45 skoonveld.
Die bakkie wat hy net twee maande tevore gekoop het, was toegerus met ’n opsporingstoestel. Heino het die diefstal by Car Track gerapporteer, terwyl sy voorman ook die diefstal op die We Care WhatsApp-groep deurgegee het. Die boodskap is vinnig na ander groepe gesirkuleer om te help om paaie te blokkeer.
Ongeveer twee uur later is die bakkie deur Car Track se blitspatrollie lede in die Sebo-keng/Orange Farm omgewing gekry. Maar van die bakkie was min oor nadat van die bakwerk en onderdele gestroop is.
Heino se beursie wat in die bakkie was, is ook weg.
Net ’n week tevore is daar ook ’n Hilux bakkie by die AfriDome in Parys gesteel. Dié bakkie is nog soek.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button