NewsNews

Seun (13) sterf in Thailand na skopboksgeveg

ʼn 13-jarige seun is Saterdag (10 November) dood nadat hy in Thailand aan ʼn skopboksgeveg (Muay Thai) deelgeneem het.

ʼn 13-jarige seun is Saterdag (10 November) dood nadat hy in Thailand aan ʼn skopboksgeveg (Muay Thai) deelgeneem het.

Volgens ABC news is Anucha Tasako aan bloeding op die brein oorlede.

Verskeie voorstanders van dié nasionale sport het die voorval as eenmalig beskryf. Die skuld vir die jong seun se dood is ook op die organisering van die geveg gepak.

Volgens Sukrit Parekrithawet, ʼn prokureur wat verskeie skopboks afrigters verteenwoordig, het die skeidsregter nie die geveg betyds gestop nie en daar was ook nie ‘n dokter by die geveg nie.

Tasako neem al sedert 8-jarige ouderdom aan kompeterende skopboksgevegte deel. Tradisioneel word kopskerms en beenbeskermers nie tydens Muay Thai-gevegte gedra nie.

Teenstanders van dié sport sê dis gevaarlik. Thailand se Mahidol Universiteit het navorsing gedoen wat bewys dat om kinders onder 15 jaar oud aan dié sport te laat deelneem verhoog die kans vir verskeie soorte breinskade.

Die regering in Thailand is besig om wetgewing te oorweeg wat dit onwettig sal maak vir kinders onder die ouderdom van 12 om aan kompeterende gevegte deel te neem.

Veral in die platteland van Thailand is Muay Thai ʼn weg uit armoede uit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button