NewsNews

Aanvallers steek boer se huis aan die brand

Aanvallers steek boer se huis aan die brand

‘n Boer is vanoggend (14 November) tussen 03:00 en 04:00 op sy plaas op die Carletonvillepad naby Potchefstroom aangeval.

Volgens provinsiale polisiewoordvoerder het ongeveer ses verdagtes aan die deur geklop en die boer by die naam geroep. Nadat hy die deur oopgemaak het, is hy deur die verdagtes oorval.

Die groep wat almal klapmusse aangehad het, het die kluis se sleutels geeïs waaruit hulle kontant gesteel het.

Netwerk24 berig dat die aanvallers brandstof oor die boer gegooi het waarna hulle gedreig het om hom aan die brand te steek. Hy kon daarin slaag om ‘n pistool in die hande te kry en het op die aanvallers begin skiet. Hulle het die huis aan die brand gesteek en weggehardloop.

Volgens die polisie word ‘n saak van huisroof en brandstigting ondersoek.

 

https://www.nbcarsales.co.za/
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button