NewsNews

Kyk wat bly op dié dak

Kyk wat bly op dié dak

 

Hy woon immers in Bizetlaan in Van der Hoffpark en het nie gedink hierdie wilde besoekertjies sou so diep in die stad inbeweeg nie.

“Ek het met ’n leer teen die dak opgeklim en my nuwe gaste in die geut gesien. Toe hulle my sien, het hulle nader gekom,” sê dié diereliefhebber.

Benade, ’n dosent aan die NWU se Potchefstroomkampus, sê dis nie die eerste keer dat hy hierdie besoekers in sy erf kry nie.

'n Muskeljaatkat. Foto: Elelur.com

‘n Muskeljaatkat. Foto: Elelur.com

Sowat ’n jaar gelede was daar ook ’n muskeljaatkat met kleintjies in sy erf, maar sy Jack Russel honde het ongelukkig die twee kleintjies doodgebyt.

“Ek het nie gedink hulle sou terugkom na dit nie, maar hier is hulle weer. Ek weet nie of dit dieselfde wyfie as ’n jaar gelede is nie,” sê hy.

Hy weet nie waar hulle deur die dag wegkruip nie, maar wanneer dit begin skemer word, hoor hy hulle in die geut. Sy buurman het ook al dié besoekertjies in een van die groot bome in Benade se erf gesien speel en hulle was ook al onder die houthuisie langs die huis.

“Hulle is baie nuuskierig. Hulle is soos huiskatte en vang muise, rotte en eet selfs katpille,” sê hy.

Dit blyk of Benade se erf ’n aantrekkingskrag vir wilde besoekers het. Nie net het hy ook al ’n blou-apie op sy dak gekry nie, maar het by twee verskillende geleenthede likkewane in sy erf gevang.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button