
Christo Botha en Juan Erasmus het die Parys Voortrekker-kommando se 2018 Ossewa-toekennings vir die beste Verkenner en Penkop/Drawwertjie prestasie onderskeidelik ontvang.
Dit span die kroon vir Christo op 12 jaar se harde werk waarin hy onder meer ook gebiedsleier was, en vir Juan die kroon op 7 jaar se harde werk aan die einde van sy laerskoolloopbaan
Die toekennings is Vrydag 9 November oorhandig tydens die Voortrekkers se prysuitdelingsfunksie.
Heelwat nuwe Penkoppe, Drawwertjies en Verkenners is ook die aand ingelyf en sertifikate en kentekens vir die jaar se werk oorhandig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



