Editor's noteNewsNews

Vergroting van waterwerke dalk klaar voor einde 2015

Goeie nuus vir Parysenaars is dat die vergroting van die dorp se waterwerke na verwagting voor die einde van die jaar voltooi behoort te wees. Dit sal die toevoeging van ’n ekstra 10 megaliter by die bestaande 15 megaliter kapasiteit beteken, vir ’n dorp wat gereeld onder watertekorte deurloop omdat die watersuiweringsaanleg lank reeds al …

Goeie nuus vir Parysenaars is dat die vergroting van die dorp se waterwerke na verwagting voor die einde van die jaar voltooi behoort te wees.

Dit sal die toevoeging van ’n ekstra 10 megaliter by die bestaande 15 megaliter kapasiteit beteken, vir ’n dorp wat gereeld onder watertekorte deurloop omdat die watersuiweringsaanleg lank reeds al op maksimum kapasiteit funksioneer maar eenvoudig nie genoeg kan produseer vir die vraag nie.

Daar is reeds begin met konstruksiewerk by die waterwerke en toerusting is onderweg vanaf die buiteland, is uit ’n betroubare bron deur Gazette verneem. Die tegnologie wat hier gebruik gaan word is klaarblyklik ook die eerste van sy soort in Afrika, is gesê.

Die toevoeging van die ekstra 10 megaliter sal na verwagting lei tot vermeerdering en verbetering van watervoorsiening vir die dorp. Hopelik sal onderhoudswerk dan ook meer gereeld gedoen kan word as die werke nie meer op maksimum vermoë bestuur moet word nie.

Die vergroting van die waterwerke word deur regeringstoelae vir munisipale infrastruktuur befonds.

Related Articles

Back to top button