N Bejaarde man wat Vrydagnag 9 November in sy motor langs die Parys/Potchefstroom gekry is, kon met sy familie herenig word danksy n netwerk van Whatsapp-groepe.
Lede van die Buffelshoek SAPD het die man wat gedisoriënteer was langs die pad opgemerk en Sarel van der Watt in kennis gestel wat op sy beurt die We Care groep se hulp gevra het.
Danksy die uitstekende koordinering met verskeie Whatsapp-groepe is die man se dogter opgespoor wat in Zambië is.
Daar kon ook vasgestel word dat die mam sedert Vrydagoggend soek was en vermoedelik op pad was na Groblersdal.
Die man is vir die nag gehuisves en sal nou met sy familie herenig word. Dankie aan almal wat gehelp het om die boodskap te deel om die mam se familie op te spoor.