NewsNews

Suid-Afrkaners stem in Mei

Maak seker jy is geregistreer.

Suid-Afrikaners sal in Mei 2019 na die stembus gaan, en 26 en 27 Januarie is die finale registrasie naweek vir kiesers vir die komende nasionale verkiesing.

Die finale datum vir die verkiesing sal na verwagting in Februarie 2019 deur pres. Cyril Ramaphosa aangekondig word.

Die Onafhanklike Verkiesings Kommissie (OVK) sal dan in Maart 2019 nominasies vir kandidate vir die onderskeie partye ontvang.

Met die finale registrasie naweek sal nuwe kiesers geleentheid hê om te registreer, en reeds geregistreerde kiesers wie se besonderhede verander het, sal dan kan seker maak dat hul besonderhede korrek is op die kiesersrol.

Die OVK is ook tans besig om seker te maak dat Suid-Afrikaners in die buiteland by ambassades, hoë kommissariate en konsulate sal kan registreer. Registrasies sal ook in gevangenisse plaasvind. Gevangenes sal in die onderskeie stemdistrikte waar hul in aanhouding is, registreer. Familielede van gevangenes sal egter hul identiteitsboekies aan hulle moet gee voor die verkiesingsveldtog.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button