NewsNews

Klein handjies kom skilder

Klein handjies kom skilder

Kinders het verlede Saterdag die geleentheid gehad om by die meesters te leer. Kunstenaars Ben en Lourens van Wyk, het die jongklomp op die grasperk voor die Ben van Wyk Kunsgalery in Breëstraat, bietjie touwys gemaak tydens ’n gratis skilderdag.

Al die benodigdhede om die verbeelding vrye teuels op papier te gee, is vir die kinders deur die galery verskaf. Die plan is om die skilderdag gereeld aan te bied om kreatiwiteit aan te moedig, maar ook sodat jong kunstenaars hul vrae kan kom vra en kan leer by bestaande kunstenaars.
“Kuns moet vir almal moontlik wees. Dit is ’n uitstekende uitlaatklep vir spanning en ook moontlik om daarvan ’n beroep te maak.” Juis daarom beplan dié twee kunstenaars ook om te begin met videos op hul Facebook-blad, Ben & Lourens Art, as stap-vir-stap gids vir jong beginner kunstenaars,

Related Articles

Back to top button