NewsNews

Klein handjies kom skilder

Klein handjies kom skilder

Kinders het verlede Saterdag die geleentheid gehad om by die meesters te leer. Kunstenaars Ben en Lourens van Wyk, het die jongklomp op die grasperk voor die Ben van Wyk Kunsgalery in Breëstraat, bietjie touwys gemaak tydens ’n gratis skilderdag.

Al die benodigdhede om die verbeelding vrye teuels op papier te gee, is vir die kinders deur die galery verskaf. Die plan is om die skilderdag gereeld aan te bied om kreatiwiteit aan te moedig, maar ook sodat jong kunstenaars hul vrae kan kom vra en kan leer by bestaande kunstenaars.
“Kuns moet vir almal moontlik wees. Dit is ’n uitstekende uitlaatklep vir spanning en ook moontlik om daarvan ’n beroep te maak.” Juis daarom beplan dié twee kunstenaars ook om te begin met videos op hul Facebook-blad, Ben & Lourens Art, as stap-vir-stap gids vir jong beginner kunstenaars,

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button