Photo GalleriesSport

Parys-SAPD lid deel van VS-span wat goud huistoe bring

Parys-SAPD lid deel van VS-span wat goud huistoe bring

Gielie Strauss van Parys SAPD, het van 20 tot 27 Oktober by Schoeman Park in Bloemfontein aan die Nasionale SAPD gholfkampioenskappe deelgeneem waar hy deel was van die Vrystaat-span.

Die span het goud verower in die A-afdeling spankompetisie. Gielie het ook individueel ‘n 18de plek behaal.

Gielie Strauss en die res van sy VS-spanmaats wat aan die Nasionale SAPD gholfkampioenskappe deelgeneem het.

Dit was vanjaar die 19 jaar dat Gielie die voorreg gehad het om aan die Nasionale SAPD-kampioenskappe te kon deelneem. Sedert 1996 het hy slegs 3 nasionale kampioenskappe misgeloop.

Gielie sê dankie aan sy borge, Jaap van der Westhuizen van die Cairo Groep vir die kontantskenking, en André Smith van Vaal Plaza Truck Stop vir die diesel skenking. Die goedhartigheid word opreg waardeer, sê Gielie.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button