Photo GalleriesSport

Parys-SAPD lid deel van VS-span wat goud huistoe bring

Parys-SAPD lid deel van VS-span wat goud huistoe bring

Gielie Strauss van Parys SAPD, het van 20 tot 27 Oktober by Schoeman Park in Bloemfontein aan die Nasionale SAPD gholfkampioenskappe deelgeneem waar hy deel was van die Vrystaat-span.

Die span het goud verower in die A-afdeling spankompetisie. Gielie het ook individueel ‘n 18de plek behaal.

Gielie Strauss en die res van sy VS-spanmaats wat aan die Nasionale SAPD gholfkampioenskappe deelgeneem het.

Dit was vanjaar die 19 jaar dat Gielie die voorreg gehad het om aan die Nasionale SAPD-kampioenskappe te kon deelneem. Sedert 1996 het hy slegs 3 nasionale kampioenskappe misgeloop.

Gielie sê dankie aan sy borge, Jaap van der Westhuizen van die Cairo Groep vir die kontantskenking, en André Smith van Vaal Plaza Truck Stop vir die diesel skenking. Die goedhartigheid word opreg waardeer, sê Gielie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button