NewsNews

Tien stappe om jou droomwerk te kry

Tien stappe om jou droomwerk te kry

Julia Horiuchi, senior konsultant in verkope en bemarking by Robert Walters (ʼn werwingsagentskap in die VSA), werk elke dag met maatskappye wat op soek is na talentvolle kandidate. Sy werk met ‘n verskeidenheid mense  wat hulle eerste werksverandering wil maak. Sy het  ʼn skerp sin van wat werk en wat nie.

Hier is haar top tien stappe om daardie droomwerk te kry:

1.Hou jou CV op datum.

Dit klink dalk voor die hand liggend, maar ons is dikwels verbaas oor hoe onvoldoende sommige kandidate se CV’s is. Jou CV moet foutloos wees. Kry drie of vier slim vriende om dit vir jou te proeflees. Maak ook seker dit is kort en op die man af. Op jou LinkedIn profiel kan jy uitbrei oor jou ervaring en vaardighede.

2. As jy ‘n webwerf wil hê, doen dit reg.

Die skep van ‘n webwerf vir jou persoonlike handelsmerk is ‘n geleentheid vir foute. Maak seker dat jy ‘n vriend of twee kry om vir jou hul eerlike terugvoering te gee.

3. Jou naam, e-posadres en telefoonnommer moet aan die einde van jou e-pos vervat word.

Dit kan ook skakels bevat na ‘n webwerf of twee soos byvoorbeeld jou LinkedIn-profiel of jou Twitter-profiel. Daar hoef nie inspirerende of snaakse gesegdes te wees nie en hoef ook nie geanimeerde GIF’s of ander aanhangsels te bevat nie. Hou dit skoon en professioneel.

4. ‘n Geslaagde onderhoud begin altyd deur van die begin af die regte onderhoud by te woon.

Jy kan jou oog op ‘Apple’ hê of graag by Google wil werk, maar vir loopbaansukses is dit noodsaaklik om by ‘n maatskappy aan te sluit wat se waardes en kultuur dieselfde as jou eie is. Doen bietjie navorsing. Leer meer oor ‘n maatskappy se produkte, maar neem dit dan ‘n stap verder. Probeer meer uitvind oor die werkgewer se manier van werk.  Jy kan dit probeer uitvind deur  internetnavorsing, maar meer waarskynlik deur proaktief met mense by die maatskappy te netwerk.

5. Om te netwerk is die beste manier om inligting te kry oor ‘n maatskappy waarvoor jy dalk wil werk, asook om ‘n voet in die deur te kry.

Hoewel sosiale media en die gemak van e-posse dit aanloklik maak om van die huis af in jou slaapklere te netwerk, is daar niks wat ‘n goeie outydse persoonlike gesprek vervang nie. Vind uit oor nywerheidsgebeurtenisse en sosiale geleenthede waar diegene wat reeds in die bedryf is werk. Probeer om dit by te woon.

6. Trek reg aan vir jou onderhoud.

As jy ʼn onderhoud kry moet jy besef dat jy nie noodwendig  ʼn pak klere hoef aan te trek nie. Julia se raad is om die kantoor se algemene dragbeleid of -gewoontes uit te vind, dan moet jy slegs een vlak bo dit aantrek. As jou toekomstige medewerkers geneig is om jeans en t-hemde aan te trek werk toe, daag op vir jou onderhoud met ʼn mooi denim en ʼn knopieshemp. Om ‘n pak aan te hê  vir ‘n onderhoud waar die persoon wat die onderhoud voer plakkies dra, laat jou verouderd lyk.

7. Jou onderhoudvoerder gaan jou Google.

Dis net ‘n feit. Hou jou kant skoon en neem proaktiewe stappe om seker te maak dat jou Google-resultate ‘n positiewe weergawe van jou is. Dit sluit sosiale media-platforms wat deur enigiemand sigbaar is, soos LinkedIn en Twitter, in. Jou sosiale media-aktiwiteit moet ‘n aanduiding wees van die soort werknemer wat jy sal wees. Is jy voortdurend besig om die laaste drankie af te neem vir Instagram? Dit is waarskynlik nie die indruk wat jy op ‘n toekomstige wergewer wil maak nie. Hou dit skoon! As jy ‘n sosiale uitlaatklep moet hê wat net vir jou is, gebruik dan Facebook en hou jou Facebook-profiel privaat.

8. Jy moet jou onderhoudvoerder ook Google.

Weet presies met wie jy gaan praat. Wat is sy agtergrond? Waar orals het die persoon gewerk? As jou onderhoudvoerder in groot korporatiewe maatskappye gewerk het, gaan die onderhoud waarskynlik ‘n meer formeel gestruktureerde een-tot-een gesprek wees. As die onderhoudvoerder meer vir kleiner of nuwe maatskappye gewerk het, is die kans dat die gesprek meer informeel en gemaklik sal wees. Wees voorbereid.

9. As jou eerste onderhoud per telefoon of Skype is, wees voorbereid.

Deur  jou toekomstige baas met skerp, harde agtergrondgeraas, terwyl jy van die trein of bus af klim, te irriteer, is ʼn goeie manier om te seker te maak dat jy nie aangestel sal word nie. Berei voor vir ‘n telefoon of Skype onderhoud, net soos jy ‘n vir ʼn normale onderhoud sal voorberei. Maak seker dat daar niks in die omtrek is wat jou eie aandag kan aftrek nie.

10. Volg op na jou onderhoud.

Nie net met ‘n “lekker om jou te ontmoet nie”, maar met voorbeelde van enigiets wat jy kan gebruik om seker te maak jy kry die werk. As jy vir ‘n bemarkingspos aansoek gedoen het, is dit goed om voorbeelde van vorige sukses in jou loopbaan aan te stuur. Vir ‘n verkoopswerk, hou maar ‘n paar statistieke gereed. Dink aan alles wat jou toekomstige werkgewer jou moontlik kan vra en hê dit byderhand.

 

 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button