NewsNews

Oud-Gimmie in ongeluk in Viëtnam dood

Oud-Gimmie in ongeluk in Viëtnam dood

Benjamin Jooste (links) en sy boesemvriend Jason Luker wat Saterdagoggend in ‘n ongeluk in Hanoi betrokke was. Jooste is tydens die ongeluk oorlede.

 

Benjamin Jooste (26) was ‘n onderwyser by ‘n Engelse taalsentrum in Hanoi. Sy kollega, wat ook in die ongeluk betrokke was, is ernstig beseer. Volgens Maroela Media word Jason Luker (26), ook ‘n oud-leerder van Potchefstroom Gimnasium en boesemvriend van Jooste, tans in ‘n hospitaal in Hanoi behandel.

Die VNExpress berig dat Jooste en sy kollega op ‘n motorfiets gery wat met ‘n ander voertuig gebots het. Dit blyk volgens die VNExpress of ‘n vragmotor bo-oor Jooste gery het.

Jooste is die tweede oud–Gimmie wat in Viëtnam oorlede is. Colin Wheeler (24) is in Oktober 2016 weens orgaanversaking in ‘n Viëtnamiese hospitaal dood is.

Related Articles

Back to top button