NewsNews

Oud-Gimmie in ongeluk in Viëtnam dood

Oud-Gimmie in ongeluk in Viëtnam dood

Benjamin Jooste (links) en sy boesemvriend Jason Luker wat Saterdagoggend in ‘n ongeluk in Hanoi betrokke was. Jooste is tydens die ongeluk oorlede.

 

Benjamin Jooste (26) was ‘n onderwyser by ‘n Engelse taalsentrum in Hanoi. Sy kollega, wat ook in die ongeluk betrokke was, is ernstig beseer. Volgens Maroela Media word Jason Luker (26), ook ‘n oud-leerder van Potchefstroom Gimnasium en boesemvriend van Jooste, tans in ‘n hospitaal in Hanoi behandel.

Die VNExpress berig dat Jooste en sy kollega op ‘n motorfiets gery wat met ‘n ander voertuig gebots het. Dit blyk volgens die VNExpress of ‘n vragmotor bo-oor Jooste gery het.

Jooste is die tweede oud–Gimmie wat in Viëtnam oorlede is. Colin Wheeler (24) is in Oktober 2016 weens orgaanversaking in ‘n Viëtnamiese hospitaal dood is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button