NewsNews

Trok besteel na ongeluk op N1

Trok besteel na ongeluk op N1

VANDERBIJLPARK. – ‘n Vragmotor is vanoggend van sy vrag gestroop na ‘n ongeluk met ‘n Volkswagen Polo  op die N1.

Die Volkswagen Polo se band het onklaar geraak en twee van die drie insittendes is na ‘n nabygeleë woonbuurt om hulp te soek. Een van die passasiers wat in die voertuig agter gebly het, is beseer toe dievragmotorbestuurder vermoedelik aan die slaap geraak het en die Polo teen die sykant getref het.

Daarna het die vragmotorbestuurder vermoedelik beheer verloor oor die vragmotor. Die vragmotor het teen die wal af gery.

Die beseerde vragmotorbestuurder  en die man in die Polo is deur paramediese personeel na die hospitaal geneem vir behandeling.

Intussen is die vragmotor wat vrugtesappe vervoer het, deur die gemeenskap van ‘n nabygeleë woonbuurt geplunder.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button