Vra maar enige besoeker aan Parys – as dit mark is, beteken dit een ding – en dit is kuier langs die Vaalrivier.
En vandag was geen uitsondering by die Hartelusmark by Egweni waar daar nog tot laat gekuier en musiek gemaak is op die Vaal se oewer.
En deesdae is dit ook die besondere geelvis klipkunswerk van Parysenaar Deon Terblanche wat van die Potch-brug oor die rivier hang by Egweni, wat die aandag trek. Terblanche het die kunswerk gemaak as bewusmaking om ons waterbronne te beskerm, na die omvang van rioolbesoedeling van die Vaalrivier, en dosyne visvrektes van veral ook geelvis, bekend gemaak is.
You can read the full story on our App. Download it here.