
• Agt uit tien huisbrake word uitgevoer met die hulp van inligting van huishulpe, tuinwerkers en voormalige werknemers.
• Rowers sal jou huis tot twee weke of langer monitor voordat hulle toeslaan.
• Die meeste aanvalle vind tussen 19:00 en middernag plaas. Dit is gewoonlik die tyd wanneer jy ontspan, slaap, kook of TV kyk, en jou alarmstelsel nie geaktiveer is nie.
• Installeer buite sensors wat jou waarsku voordat rowers by jou deure of vensters kan uitkom. Aktiveer hierdie sensors onmiddelik nadat julle in die huis in is laatmiddag.
Hiérdie is afskrikmiddels vir
rowers:
• Elektriese heinings
• Infrarooi-strale (detection beams) in jou tuin
• Kringtelevisie (CCTV)
• Klein hondjies wat in die huis slaap
Doen dít voordat jy jou huis
verlaat:
• Maak seker alle struike en bome is goed geknip sodat ‘n rower nie ‘n wegkruipplek het nie. Indien moontlik, plant doringbossies rondom dié areas. Bring goeie beligting aan op donker plekke.
• Moenie enigiets in jou tuin laat rondlê wat rowers kan help om toegang tot jou huis te verkry nie.
• Sluit lere, stapelbokse of enige tuingereedskap toe. Skuif ook enige buitemeubels binnetoe in die aande.
• Probeer om jou daaglikse roetine soveel as moontlik te verander, aangesien rowers jou bewegings vir lank kan dophou.
• Verlaat jou huis op verskillende tye, gebruik verskillende roetes en doen jou inkopies by ‘n ander winkelsentrum as gewoonlik.
• Wees uiters versigtig wanneer jy ‘n huishulp of ander diensverskaffers aanstel. Doen ‘n agtergrond-ondersoek en vra vir verwysings vanaf sy/haar vorige werk. Maak ook ’n afskrif van jou werknemers se ID dokument.
* Hou altyd noodnommers insluitend die nommers van jou sekuriteitsmaatskappy en die polisie byderhand.




