NewsNews

Asblikke gevra vir skoonmaak-inisiatief

Asblikke gevra vir skoonmaak-inisiatief

Om skoon te maak agter morsjorse is beslis geen benydenswaardige taak nie. Tog is daar vrywilligers soos Jan en Ann Bester en Selma Kok wat naweek vir naweek in Parys in die parke, oop velde en op sypaadjies sonder vergoeding skoonmaak, omdat hulle omgee hoe die dorp vir sy inwoners en besoekers lyk.
Die afgelope naweek het hulle in die veld langs die Parys Biblioteek skoongemaak. Ook hier, soos op baie ander plekke in die dorp, word vullis net neergegooi.
Ten spyte van hul herhaalde versoeke dat mense hulle vir net ’n uur op ’n Saterdag kom help, is daar nie hulp nie. Maar hulle glo dat asblikke sal help om die dorp weer skoon te kry.
Mense wat bereid is om asblikke te skenk vir hierdie skoonmaak-ini-siatief, word gevra om vir Ann by 083 321 2210, of Selma by 084 269 2493 te skakel.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button