NewsNews

PSIRA gryp in na publiek se klagtes oor motorwagte

PSPSIRA gryp in na publiek se klagtes oor motorwagte

Vele klagtes van die publiek oor van die motorwagte in die dorp wie se gedrag vir die publiek onaanvaarbaar was, het die Parys Gemeenskap Polisiëring Forum (GPF) geen ander keuse gelaat as om PSIRA (Private Security Industry Regulatory Authority) te nader om die klagtes te hanteeer. PSIRA verteenwoordigers het Vrydag die dorp besoek waar motorwagte wat nie PSIRA registrasie kon toon nie, na die polisiestasie geneem is en die keuse gegee is om ‘n R300 boete te betaal of voor die hof te verskyn.
Alle motorwagte, en enigeen in die sekuriteisbedryf, moet volgens wet by PSIRA geregistreer wees wat as die waghond liggaam vir die sekuriteitsindustrie optree. Juis daarom is die polisie nie by magte om klagtes oor die motorwagte te hanteer nie, tensy daar kriminele klagtes is nie.
PSIRA regulasies bepaal onder meer ook dat mense wat ‘n kriminele rekord het, nie PSIRA registrasie kan kry nie.
Na die optrede was daar ongelukkigheid van die publiek en van die motorwagte oor die manier waarop PSIRA opgetree het, en het die GPF en die Parys SAPD by navraag van Gazette gesê dat herhaalde vergaderings met die motorwagte gehou is, waar hulle ingelig is dat hulle moet toesien dat hulle PSIRA geregistreer is alvorens hulle as motorwagte kan werk. Daar is ook gewaarsku dat PSIRA Parys gaan besoek. Die GPF en die SAPD het dit duidelik gestel dat die identiteitskaarte wat vroeër deur die GPF aan van die motorwagte uitgereik is, nie PSIRA registrasie is nie, maar bloot bevestiging dat motorwagte met hierdie kaarte geen kriminele rekord het nie. PSIRA registrasie moet egter steeds gekry word.
Om ‘n PSIRA registrasie te kry, kos ‘n eenmalige R600 wanneer die teoretiese toets by Bagatlamedi Security Training and Firearm Competency afgelê word.
Daarna is ‘n minimale maandelikse fooi betaalbaar om jou PSIRA registrasie te behou.
Volledige inligting oor die registrasieproses is egter by a.o. Jan le Roux by die Parys-polisiestasie beskikbaar. A.O. Le Roux het ook bevestig dat verskeie motorwagte reeds Maandag na die optrede hom genader het en begin het met hul registrasieproses.
PSIRA het ook aan Gazette bevestig dat opvolgoptredes in Parys gehou sal word om seker te maak dat motorwagte wel geregistreer is.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button