
Tradisioneel is November en Desember ʼn moeilike tyd vir die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBS)
omdat ons nie die 3000 eenhede bloed daagliks kan insamel nie. Die behoefte aan bloed raak ons elkeen. Agt uit
tien mense sal bloed of bloedprodukte op ʼn stadium in hul lewe benodig. Met een bloedskenking kan jy soveel as
drie lewens red. Eenheid bloed word in 3 komponente geskei: rooibloedselle (om die bloedvolume te vervang van
ʼn persoon wat baie bloed verloor het, bv. tydens ʼn motorongeluk of kindergeboorte), plasma (vir mense wat aan ʼn
bloedsiekte, bv. hemofilie ly of wat ernstige brandwonde opgedoen het) en plaatjies word gegee aan
kankerpasiënte, wie se plaatjies deur chemoterapie vernietig is.
As ons na vorige jare se bloedvoorrade oor die Feesseisoen, weet ons dat moeilike tye voorlê.
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBS) nooi die gemeenskap van Parys om bloed te skenk op
Dinsdag 13 November 2018 by die Hervormde Kerksaal, Parys vanaf 13:00 – 19:00. Die doelwit vir die dag
is om 100 eenhede bloed intesamel.
Om ʼn bloedskenker te word moet jy:
Tussen die ouderdom van 16-65 wees
Meer as 50kg weeg
Iets voor jou skenking eet
ʼn Veilige seksuele leefstyl lei
Gesond wees op die dag van skenking
SANBD moedig elke Suid-Afrikaner aan om by die gereelde groep bloedskenkers aan te sluit wat die lewens van
hul medemense op hierdie manier red.




