NewsNews

Die angs vreet in koue rillings aan jou – Parysenaars vertel oor George brand

Tanja Holtzhausen en Lisa Biehler en hul gesinne is oud-Parysenaars wat tans ook die verwoestende brande by George beleef. Tanja vertel:

 

Mense begin ontruim. Voorkomend sê hulle. Gevaar van rook inaseming.

Die foto is deur Servaas de Kock geneem soos gesien uit die Herald fabriek in Ring Road.

Om jou hang die rook verstikkend, vreesaanjaend dik in die lug. Jy kyk op vir ‘n belofte van reën. Smeek vir uitkoms…en dan begin dit liggies reën, jubelende uitkoms. In jou hart die hoop dat die genade-water die vlamverwoesting sal rem.

Dis  druk verkeer en sirenes oral. Die Outeniqua-pas  gesluit tot verdere kennisgewing. Die kinders is al vroeg gaan haal by die skool in Blanco as gevolg van die dreigende vlamme.

Dit is werklik ‘n resue brand. ‘n Vriendin wat lank hier woon sê sy het nog nooit so ‘n erge brand so naby George beleef nie. ‘n Week gelede het dit al agter die Montague-pas by Harold begin brand. Die afgelope week was baie warm en droog. Daar was heelwat mense wat die vuur probeer blus het.

So lyk dit vanaf Lisa Biehler se huis in Heather Park.

Foto’s verskaf deur Tanja Holtzhausen.

Ons het gister op my broer se stoep gestaan en kyk hoe die helikopters en waterbommers vlieg en water op die vlamme gooi.

My broer-hulle is van dié in Heatherlands wat kennisgewing gekry het om te ontruim. Dis voorkomend weet jy – maar die angs vreet in koue rillings aan jou ten spyte van die 35 grade daarbuite.

Ek dink aan die mense van Blanco, Golden Valley, Step Aside en Glenmore wat vrywillig moet ontruim.

En ek bid vir reën….

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button