NewsNews

Kultuurkamer-lede vier Tuindag

Spandeer jy meer tyd om in jou tuin te werk, as wat jy geleentheid het om daarin te ontspan?

Dit is juis die fokus waarom Tuindag jaarliks gevier word.
Navorsers meen dat mense baie gelukkiger in hul tuin is as wanneer hulle voor die televisie sit. Tuinmaak voordele is eindeloos. Dit kan help om spanning te verlig en jou geestes- en fisiese gesondheid verbeter.
En of jy Sondag 21 Oktober Tuindag gevier het met ’n braai, piekniek of ’n blommekrans uit jou tuin, hierdie was die ideale geleentheid om weer jou tuin te kon geniet.
Kultuurkamer-lede wat gereeld saam fliek op ’n Vrydag, het seker gemaak dat hulle die geleentheid gebruik om die dag te vier in die tuin van Lucia Gericke, eienaar van Die Kultuurkamer. Naas die lekker kuier in die prag tuin, is daar ook ’n ligte middagete geniet ter viering van Tuindag.

Related Articles

Back to top button