NewsNews

Kultuurkamer-lede vier Tuindag

Spandeer jy meer tyd om in jou tuin te werk, as wat jy geleentheid het om daarin te ontspan?

Dit is juis die fokus waarom Tuindag jaarliks gevier word.
Navorsers meen dat mense baie gelukkiger in hul tuin is as wanneer hulle voor die televisie sit. Tuinmaak voordele is eindeloos. Dit kan help om spanning te verlig en jou geestes- en fisiese gesondheid verbeter.
En of jy Sondag 21 Oktober Tuindag gevier het met ’n braai, piekniek of ’n blommekrans uit jou tuin, hierdie was die ideale geleentheid om weer jou tuin te kon geniet.
Kultuurkamer-lede wat gereeld saam fliek op ’n Vrydag, het seker gemaak dat hulle die geleentheid gebruik om die dag te vier in die tuin van Lucia Gericke, eienaar van Die Kultuurkamer. Naas die lekker kuier in die prag tuin, is daar ook ’n ligte middagete geniet ter viering van Tuindag.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button