NewsNews

Gemeenskap reik uit vir groot Kinder-Kersbederf

Hierdie is nie net ’n manier om na hulle wat minder het uit te reik nie, maar om self ook die seën wat jy elke dag ervaar te kom deel met ander nie net deur te gee nie, maar om daar te wees. Saam te kuier en te deel in die pret.

Op Saterdag 1 Desember sal daar danksy die hulp van mense uit die Parys gemeenskap, sakelui en borge, weer seker gemaak word dat ’n aantal kindergesiggies, maar ook hul families die vreugde en omgee van Kersfees sal beleef.
Van vroegdag af sal die potjies geurig prut en daar gesellig saamgekuier word op Parys Primêre skool se sportgronde.
En dan kom Kersvader sy beloofde draai maak by die 150 kinders van Parys wat andersins nie die voorreg sou hê van ’n Kersbederf nie.
Hy sal aan elkeen van die kinders ’n spesiale Kersgeskenk kom oorhandig.
Op dié dag sal daar seker gemaak word dat daar springkastele en waterpret is, bekende karakters soos Barney en Simba die Leeu, en talle ander pret om die kinders mee te verras. Vanjaar se hoofborge wat sal seker maak dat die kinders ‘n onvergeetlike dag het, is die JD Groep en Shoprite.
Willie en Natasha Joubert sal optree en is ook die seremoniemeesters vir die dag.
Die kinders en hul gesinne is genooi, en sal daar na die lekker saamkuier ook middagete aan hulle voorsien word.
Daar is reeds 15 potte maar nog potjies is nodig om seker te maak dat al die kinders en hul gesinne middagete sal hê.
Hierdie is nie net ’n manier om na hulle wat minder het uit te reik nie, maar om self ook die seën wat jy elke dag ervaar te kom deel met ander nie net deur te gee nie, maar om daar te wees. Saam te kuier en te deel in die pret.
Terselfdertyd is dit ook vir besighede ’n uitstekende bemarkingsgeleentheid.
Of jy self wil kom potjie maak, potjiekosbestanddele wil skenk of op watter manier ookal wil uitreik na hierdie kinders en hul families, skakel Henk Beyleveld by 083 3841 436, Sonja Beyleveld by 083 275 3398 of Zelda by 072 913 9696.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button