Photo GalleriesSchool
Skitter uitslae vir Parys-leerders by Internasionale Afrikaanse Skole Ekspo
Skitter uitslae vir Parys-leerders by Internasionale Afrikaanse Skole Ekspo

“Erfenis” was die oorhoofse tema van vanjaar se Internasionale Afrikaanse Ekspo waaraan leerlinge van Hoërskool Parys weer gedurende die jaar kon deelneem.
Hoewel die leerders self hulle inskrywings aanlyn moes indien, het hulle en die onderwysers baie hard gewerk. Altesaam 127 inskrywings is vir hierdie kreatiewe internasionale kompetisie ingestuur.
Daarvan het 32 inskrywings ‘n goue toekenning verwerf, terwyl daar 67 silwer- en 19 bronstoekennings ontvang is.
Tamerin Oelofse is ook as kategoriewenner aangewys in die afdeling vir graad 11 poësie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



