
Die gevolg van gister se bloedwater wat by ‘n verstopte mangat in Endstraat uitgestoot het, regoor die oprit van ‘n private woning en in die leivoor af, is dat dié water nou in die Mimosa Spruit beland het.
Die foto is vanoggend deur Johan Smit van die Vaal Action Group geneem.
Die munisipaliteit het gisteraand bevestig dat aandag gegee is aan die probleem en die mangat nie meer oorloop nie. Geen antwoorde kon egter nog gekry word oor wat gedoen gaan word om probleme soos hierdie aan te spreek nie.

Die foto’s is gistermiddag na 17:00 in Endstraat geneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



