NewsNews

Mondgesondheid tydens kankerbehandeling

Mondprobleme kom algemeen tydens kankerbehandeling voor. Omtrent ’n derde van pasiënte sukkel met ’n droë mond, mondsere, tandbederf en/of infeksies. Dirna Grobbelaar, Ivohealth se raadgewer oor mondhigiëne, deel die volgende advies: ’n Gesonde mond sal waarskynlik minder komplikasies ontwikkel. Gaan indien moontlik vir ’n deeglike ondersoek van jou tande voor met behandeling begin word. Besoek …

Mondprobleme kom algemeen tydens kankerbehandeling voor. Omtrent ’n derde van pasiënte sukkel met ’n droë mond, mondsere, tandbederf en/of infeksies.

Dirna Grobbelaar, Ivohealth se raadgewer oor mondhigiëne, deel die volgende advies:

’n Gesonde mond sal waarskynlik minder komplikasies ontwikkel. Gaan indien moontlik vir ’n deeglike ondersoek van jou tande voor met behandeling begin word. Besoek ook ’n mondhigiënis vir ’n professionele skoonmaak van jou tande om enige tandsteen en plaak te verwyder.

Vermy sodra behandeling begin kos en drankies wat die mond kan irriteer. Dit sluit in alkohol, kafeïendrankies, baie souterige, speseryagtige, koue of suur kos, of kos met ’n growwe tekstuur. Gebruik so min suiker as moontlik, want bakterieë wat tandbederf en infeksies van die mond veroorsaak, floreer op suiker.

Dit is ook belangrik om te probeer om ’n behoorlike daaglikse mondsorgroetine te handhaaf al voel jy moeër as gewoonlik. Borsel twee keer per dag ’n volle twee minute lank. Gebruik ’n sagte tandeborsel wat sagkens met sensitiewe tandvleise sal werk. Belê in ’n elektriese tandeborsel om jou tande met die minste moeite silwerskoon te maak.

As jy opgooi, moenie jou tande onmiddellik daarna borsel nie. Maagsuur demineraliseer emalje en verswak die tande. Spoel eerder jou mond met water of ’n alkoholvrye mondspoelmiddel uit en borsel sowat ’n uur later.

Gebruik ’n nie-irriterende tandepasta soos Olgani Naturals. As jy met bloeiende tandvleise sukkel, gebruik ’n behandelingspasta soos Sunstar GUM Paroex-jel, beskikbaar by apteke en tandartse. Maak elke dag tussen die tande skoon met tandevlos of interdentale borseltjies. Om jou mond vinnig te verfris, gebruik ’n alkoholvrye mondspoelmiddel  wat ’n oliebasis het en bevogtigend is.

’n Droë mond is ’n newe-effek van talle voorskrifmedisyne, insluitend baie chemoterapiemiddels. Drink water of kou kougom vir tydelike verligting. Daar is ook bevogtende jel  of sproei wat spesifiek ontwerp is om ’n droë mond te bevogtig. Dit smeer die mondweefsel, verminder irritasie en skep ’n beskermende laag in die mond, wat langer verligting gee.

 

Mondsere is ’n ander algemene newe-effek van kankerbehandeling en kan baie pynlik wees omdat dit die senuwee-eindpunte blootlê. Ook hiervoor is jel of sproei beskikbaar wat ’n beskermende laag oor die mondseer vorm om onmiddellike verligting te gee.

Jou mondsorgroetine is dalk nie ’n prioriteit as jy kanker beveg nie, maar die voorkoming en beheer van mondkomplikasies kan die pad vergemaklik. Die bestuur van simptome sal help om enige pyn of ongemak te verlig terwyl jy eet, drink of praat – wat alles ’n uiters belangrike deel van jou versorging en herstel is.

Vir nog kundige advies oor mondgesondheid tydens kankerbehandeling, laai Ivohealth se gratis publikasie Love Your Life, Love Your Oral Care aanlyn af by www.ivohealth.co.za/cancer-oral-health of stuur ʼn e-pos aan info@ivohealth.co.za om ’n gratis kopie aan te vra.

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button