ʼn Jong paartjie is vroeg vanoggend (20 Oktober) in hul huis in Ingonyastraat, Bailliepark, Potchefstroom oorval en erg aangerand. Volgens Mooirivier Beskerming het ses gewapende rowers deur ʼn oop venster in die sitkamer geklim om in die huis te kom.

Albert John. Foto: Facebook
Raadslid van die gebied, Jeanne Adriaanse, sê dat Albert John en Nanna Viviers, wat vandag haar 25ste verjaarsdag vier, geslaap het toe die rowers hulle oorval het. Nanna se broer, Pierre Viviers, het op Facebook gesê dat die ses mans sy suster en Albert met moersleutels geslaan en vasgebind het.
Albert John en Nanna Viviers. Foto: Facebook
Volgens Mooirivier Beskerming blyk dit ‘n selfoon en ʼn beursie is gesteel. Albert en Nanna is beide in die hospitaal en het ernstige kop- en gesigbeserings opgedoen.
Die huis was vol bloedspatsels. Foto: Facebook




