NewsNews

Jong Sasolburgse man vermoor

“Nog ‘n wonderlike, intelligente jongmens se lewe is in ‘n sinlose aanval geneem,” sê Christina.

SASOLBURG. – ‘n 26-jarige inwoner van Sasolburg, Hansie Botha, is vroeg Woensdagoggend in sy gesin se huis in Soetdoringstraat deur rowers vermoor.
Volgens Christina Stemmet,  ‘n vriendin van Hansie en sy verloofde, het hy gesterf terwyl hy probeer het om sy suster teen die rowers te beskerm.
Die 2 rowers het in die vroeë oggendure toegang tot die huis gekry en ingebars by die hoofslaapkamer waar Hansie se ma en suster geslaap het. Sy suster het wakker geword toe die rowers die kamerlig aanskakel.
Hansie het vermoedelik weens die rumoer wakker geword en gaan help. Die familie se hond het een van die rowers bestorm terwyl die inbreker ‘n vuurwapen op die suster gerig het. Die rowers het gevlug, maar in die proses vir Hansie in die bors geskiet. Hy het op die toneel gesterf.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button