NewsNews

Klokseremonie voortaan deel van skooltradisie

Klokseremonie voortaan deel van skooltradisie

Graad 8 en 12 leerlinge van die Hoërskool Parys sal voortaan met ’n klokseremonie hul hoërskoolloopbaan begin en eindig. Dit danksy die skool se Verteenwoordigende Raad van Leerders (VRL) vir 2018, wat ’n klok aan die skool geskenk het waarmee dié tradisie nou voortaan deel van die skool sal wees.
Verlede Vrydag het elke matrikulant van die skool vir 2018, deel gehad aan die seremonie toe daar tot siens gesê is toe hul vir die laaste keer uit die skoolsaal gestap het.
Die nuwe graad 8’s sal van volgende jaar wanneer hulle vir die eerste keer die saal instap, die klop lui.
Matrikulante het reeds Maandag hul praktiese rekenaartoepassingstegnologie eindeksamen afgelê.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button