News

Selfverdediging ’n belangrike vaardigheid om te leer

Al onthou jy net ’n paar basiese selfverdedigingsbegrippe, het jy reeds ’n voorsprong in ’n situasie waar jy dalk genoodsaak is om jouself te beskerm.

Boonop is dit nie moeilik nie, of verg besondere fiksheid nie – net die gewilligheid om te leer.
Parysenaars het jaarliks die geleentheid om hierdie vaardighede te kan aanleer met selfverdedigingskursusse wat deur Kobus Grobler en Sonja van Rhyn aangebied word as liefdadigheidsprojek vir Parys en sy gemeenskap. Die kursusse word die afgelope nege jaar al deur hulle in Parys aangebied, en is die 18de kursus verlede week voltooi.
Maar dit is nie net in Parys waar Kobus en Sonja mense die vaardighede van selfverdediging leer nie. Hul kursusse is so gewild dat hulle begin het om ‘n verkorte weergawe daarvan op ’n Saterdag aan gemeenskappe in ander dele van die land aan te bied. So het hulle onlangs in Nylstroom en Sasolburg naweekklasse gaan gee, en het hulle ook navrae uit Groblersdal, Meyerton en Reitz waaraan hulle tans werk.
Danksy ’n skitterende inisiatief uit die Parys besigheidsgemeenskap is tien persone vir die kursus wat pas in Parys voltooi is, geborg deur Wesleys Parys. Dankie ook aan Christene van Rensburg vir haar bydrae om van die kursus ‘n sukses te maak, asook aan ds. Ian Jonker van die NG gemeente Parys-Oos vir die gebruik van die kerksaal , en Attie Goosen vir sy bydrae om toe te sien dat die saal reg is vir die studente. Die volgende kursus begin die eerste Woensdag in Februarie 2019, en enigeen, oud en jonk, mans sowel as vroue, kan kom deelneem. Die kursus word teen ‘n eenmalige en minimum koste aangebied. Vir die duur van die drie maande kursus word klasse elke Woensdagaand vanaf 18:00 tot 19:00 aangebied. As jy meer wil weet oor die kursusse, skakel vir Sonja by 082 327 4250, of hou haar Facebookblad dop vir toekomstige kursusdatums. Hierdie is ‘n uitstekende geleentheid vir Parysenaars om ’n vaardigheid te leer wat dalk eendag jou lewe kan red.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button