NewsNews

Vyfster-kroon vir VS se beste

Dit is die kunstige dekor, warm kleure, mosaiekteël kuns, houtvloere en antieke meubelskat, luuksheid van Egiptiese linne en die atmosfeer wat ‘n sielstaal praat, wat raakgesien word.

‘n Lowergroen binnehoftuin wat selfs die ongenaakbaarheid van winter deurstaan het, spierwit roseprag en die eenvoud van malvas in blom, nooi jou om in te stap by die sierhek van Art Lovers Guesthouse and Conference Venue in Parys se hoofstraat.


Soos jy instap omarm hartlikheid, rustigheid, persoonlike aandag, en keur van detail jou in die harmonie van elegansie en klassieke tydloosheid.
Hier is gemak en tuisvoel jou verwelkoming waar jy ontvang word deur gastehuisbestuurder, Jadé Pretorius, en assistent-bestuurder, Heike-Liza Liebenberg.
Dit is die kunstige dekor, warm kleure, mosaiekteël kuns, houtvloere en antieke meubelskat, luuksheid van Egiptiese linne en die atmosfeer wat ‘n sielstaal praat, wat raakgesien word.


En dit is ook dit wat raakgesien is met die beoordeling van vanjaar se Lilizela Toerisme-toekennings.
Vanjaar is ArtLovers Guesthouse weer aangewys as die Vrystaatse wenner vir die top vyfster gastehuis in die provinsie. In November sal daar om die nasionale toekenning meegeding word.
Sedert 2014 kon die gastehuis nog elke jaar met die Lilizela-toekenning spog.
Maar dit is hul personeel wat sorg vir ‘n wentoekenning soos hierdie, gesels Jadé en Heike-Liza as hul praat oor hul staatmaker-personeel, Harriet en John wat die keurige ontbyt en funksie-spyseniering doen, Sophia en Pulane wat sorg vir die kamers, Anna wat die hoofgebou netjies hou, Susan wat die linne versorg en Barnard wat sy hand aan die tuin hou en sorg dat daar selfs vars kruie is vir gebruik in die kombuis.


Die gastehuis behoort aan Paul en Anneke Delport wat deesdae in die Paarl gevestig is. Vir Anneke het dié gastehuis as stokperdjie begin.
Later het Lana van Niekerk, Paul en Anneke se dogter, hand bygesit en is daar met wat daar is stelselmatig gewerk om hul persoonlike stempel daarop af te druk.
Vandag is dit Jadé en Heike-Liza wat sorg dat die gastehuis nie net as besigheid suksesvol bedryf word nie, maar dat gaste diens by uitnemendheid kry met hul eie stempel van perfeksie wat op elkeen van die sewe en-suite kamers afgedruk word.
Die geskiedenis van Art Lovers is so kleurryk soos die gastehuis self. Sedert 1942 was dit van ’n kerk tot ’n kleinhandelaar en haarkapper, en toe ‘n kunsgalery met skilderye van Zerk de Villiers, René Snyman, Royalene en ander. Selfs ‘n restaurant is mettertyd hier bedryf.
Paul en Anneke het aanvanklik net die kerkie gekoop en opgeknap en toe die eiendom met twee huise langsaan gekoop en ook ontwikkel.
Toe dit sedert 2002 geleidelik opgebou is tot ‘n vyfster-gastehuis, is die styl van die kunsgalery behou, en merk jy oral nog die warmte in kleure en weelderige dekor op.
Hieronder tel die barokspieël in die voorportaal met sy handgekerfde houtraam wat uit Kuba kom waar dit destyds gesteel en toe uit die land gesmokkel is, lui die staaltjie.


Die gastehuis leen hom naas die akkommodasie fasiliteite ook tot konferensies, private funksies, troues en onthale.

Related Articles

Back to top button