NewsNews

Uitstekende netwerk geleentheid vir besighede

Uitstekende netwerk geleentheid vir besighede

Every Nation Parys-gemeente in samewerking met die Parys Besigheidskamer, nooi alle besigheidseienaars en belangstellendes na ’n besigheidsontbyt Saterdag 27 Oktober om 07h30 by die Parys Golf en Country Estate.
Die kostes is R150 per persoon en sluit die ete asook ’n geskenkpakkie in. Die doel van die oggend is om iets te bied aan Parys se besigheidseienaars om dankie te sê vir die harde werk wat hulle in ons gemeenskap insit, om die dorp aanloklik en susksesvol te help maak.
Daar sal besigheidskonsultante van Amerika wees wat gratis hul besigheidskennis (waarvoor hulle gewoonlik duisende dollers betaal word), gaan kom deel as blyk van waardering.
Terselfdertyd is die doel van die oggend ook om ’n netwerkgeleentheid te skep waar nuwe besigheidskontakte en vriende gemaak kan word en sodoende Parys se besigheidsgemeenskap nouer saam te snoer vir meer effektiewe samewerking.
’n Dorp is net so suksesvol soos sy besigheidsnetwerk en sonder Parys se uiteenlopende en unieke besighede sou ons dorp nie naastenby so gewild gewees het nie.
’n Unieke kenmerk van Parys is juis hoe goed besighede saamwerk en kliënte en toeriste na ander besighede verwys.
Alle belangstellendes in en om Parys is welkom om die oggend by te woon. Vir meer besonderhede oor registrasie en bemarkingsgeleenthede, skakel Johan Smit by 083 2044 674. Ons hoop om jou en jou besigheid daar te sien!

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button