NewsNews

Jagtersvereniging se oudste lid sterf

Sy filosofie was een van: “Leave it in a better state than how you have found it.”

Hulde is Vrydag 12 Oktober gebring aan Attie Weideman (94), ere-lid van die SA Jagters en Wildbewaringsvereniging se Hartbees-tak, tydens sy roudiens wat vanuit die NG Kerk Parys-Wes gehou is.
Oupa Attie het drie kenmerkende fasette van menswees uitgeleef – as beroepsman en baanbreker, leermeester, en bowenal gesinsman en vriend.
As professionele beroepsman het hy diep spore gelaat in die gange en raadskamers van die korporatiewe wêreld. Of dit nou by Goldfields, Randpark Bpk of Hofmeyer/Van der Merwe Prokureurs en verskeie ander was.
Sy lang diensperiodes in leiersposisies as bestuurder, hoofbestuurder, direkteur, voorsitter, raadslid of president was ’n weerspieëling van die vertroue wat sy senior en junior kollegas asook besigheidsvennote in hom gehad het.
Sy filosofie was een van: “Leave it in a better state than how you have found it.” Hierdie positiewe en produktiewe eienskappe het gesorg dat Attie suksesvol kon wees tot in sy laaste dae.
Hiervan getuig die toekenning wat hy wel verdiend as ere-lewenslange president van die Randpark Klub ontvang het.
Sy gesin en familie het hom geken as iemand wat nooit net ‘n gewone toeskouer of deelnemer was nie. Hy het van al sy aktiwiteite ‘n volwaardige studie gemaak en in meeste gevalle gedien op komitees, organisasies gelei, en kon self as ambassadeur beskou word, sê sy gesin.
So het hy nog minder as twee jaar gelede die ere-lidmaatskap toekenning van die SAJWV se Hartbees-tak ontvang.
“Of dit nou die Porsche Klub, die Jagtersvereeninging, Gholfklub, of ander was – Pa was altyd ingelig sodat hy in enige geselskap kon saampraat.”
Ook in die Parys gemeenskap het hy die gesindheid uitgeleef. “Of dit nou by plaaslike munisipale kontore, Villa Riviera se raad van trustees, Najaarsrus en ander afrtreeoorde, of die kerkkantoor was – Pa het sy kennis en insig gedeel.”
’n Gesindheid van, “If it’s worth doing – then it’s worth doing well.”
Die familie sê dankie aan dr. Kobus Stegmann en Nerine, Deon Kilian en ander inwoners van Villa Riviera, dr. Gerrie Lindeque en personeel, die gemeente van Parys-Wes, personeel van Najaarsrus en Avbob.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button