NewsNews

Hengelaar in tent vermoor tydens naweek-uitstappie

Hengelaar in tent vermoor tydens naweek-uitstappie

Die oorledene en ‘n vrou van sowat 60 jaar het gister heeldag gehengel en was die aand in hul tent langs ‘n dam in Fochville, digby die Vaaldriehoek, toe hulle oorval is.

Volgens Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het paramedici omstreek 23:00 gisteraand nadat hulle ontbied is, op die toneel aangekom en die man met verskeie noodlottige beserings aangetref. Die vrou het ook verskeie beserings gehad maar leef en is ernstig getraumatiseer.

Die presiese omstandighede rondom die voorval is nog nie bekend nie. Plaaslike owerhede het die toneel bygewoon en sal dit verder ondersoek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button