NewsNews

Ouditeur wat Emfuleni geldsake ondersoek, geskiet

Die polisie is tans besig met die ondersoek na die voorval.

 

Die Polisie is tans besig met ‘n ondersoek nadat ‘n vroulike ouditeur wat betrokke is by die ondersoek na die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit se chaotiese geldsake, Vrydagoggend 12 Oktober, in ‘n gastehuis in Danie Theronstraat, Vanderbijlpark, geskiet is.
Die vrou en nog ‘n ouditeur het in die gastehuis tuisgegaan sedert hulle met die forensiese ondersoek na onregmatige besteding in Emfuleni, begin het.
Volgens onbevestigde bronne het die rowers omstreeks 04:00 in haar kamer ingebreek en haar twee keer in die bene geskiet. Hulle het slegs haar skootrekenaar gesteel.
Die manlike ouditeur, wat ook by die ondersoek betrokke is, was in ‘n ander slaapkamer en is gelukkig nie beseer nie.
Die beseerde vrou is na ‘n plaaslike hospitaal vervoer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button