NewsNews

Hoe veilig is jy op ‘n rivier

Hoe veilig is jy op 'n rivier?

 

VANDERBIJLPARK. – Met die somer om die draai en die wind wat eersdaags stiller gaan raak, gaan een van die grootste ontspanningplekke van menige, naamlik die Vaalrivier, weer uit sy nate bars met baie besoekers wat fasiliteite gaan besoek.
Die Vaalrivier wat strek in ons streek vanaf die Vaaldam by Deneysville tot by Douglas in die Noord-Kaap, waar die Vaalrivier in die Oranjerivier inloop en dan see toe loop, is een van die grootste plekke wat oor naweke en vakansietye besoek word. Met vakansie-oorde, hotelle, restaurante, privaat wonings en verskeie ander fasiliteite is dit ‘n gesonde uithangplek hetsy in Gauteng, Vrystaat, Noord-Wes of die Noord-Kaap.
Die vraag is egter hoe veilig is ‘n mens langs en op die rivier. Met verskeie oorde langs die rivier wat publieke bootvaarte aanbied op verskeie roetes, asook jou gewone motorbote, Jetski’s, kano’s en selfs opblaasbote is daar reëls en regulasies wat moet nagekom word.
Tans is daar besighede wat vir finansieële gewin mense op die Vaalrivier trakteer met vlotte en plesierbote wat nie oor die nodige geskiktheidsertikaat beskik nie. Elke skipper van so ‘n vlot of plesierboot moet dan ook oor ‘n kommersieële skipperlisensie besit. Hierdie sertifikaat moet dan ook op die boot ten toon gestel word. Dit is egter die eienaars en selfs die publiek se plig om seker te maak dat as hulle so ‘n vaartuig betree of besit, dat dit aan al die veiligheid vereistes voldoen. Van die bote en vlotte kan meer as 200 mense neem wat beteken daar moet dan ook 200 veiligheidgordels aanboord wees.
Motorbote en ander watervaartuie in die binneland en op see word deur die “South African Maritme Safety Authority” SAMSA, beheer en gereguleer.
Enige vaartuig binnelands met ‘n aandrywing van meer as 15 perdekrag moet oor ‘n Sertifikaat van Geskiktheid besit. Dit sluit in dat die persoon wat die vaartuig beheer ook in en moet in besit wees van ‘n skipperlisensie. Hierdie geld ook vir Jetski’s. Elk van die vaartuie word deur SAMSA ‘n nommer toegeken wat op die vaartuig vertoon moet word. Die Sertifikaat van Geskiktheid (COF) moet jaarliks gedoen word.
Vaartuie vir privaatgebruik wat uitgesluit word is seil-aangedrewe vaartuie kleiner as 9m en enige ander vaartuig wat deur ‘n mens aangedryf word soos kano’s ens. Veilgheidstoerusting en veilgheigheidsmaatreëls moet egter nagekom word.
Op die Vaalrivier word die wet dieselfde toegepas as op ons land se paaie. Die wet word deur die SAPD se watervleul, wat tans by die Emerald Resort en Casino gestationeer is, toegepas. Skippers onder die invloed sal dieselfde alkohol toetse ondergaan en gestraf word as motoriste. Lisensieëring en die uitreik van geskiktheidsertifikate word deur SAMSA gedoen.
Besoek gerus samsa.org.za se webtuiste om seker te maak dat jou vaartuig oor die nodige beskik.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button