NewsNews

Burgemeester moet kom praat, maak skoon hier, eis groep

Burgemeester moet kom praat, maak skoon hier, eis groep

‘n Groep van ses werklose persone het vanoggend (11 Oktober), die Weiveld-pad by die Ngwathe vullisstortingsterrein versper met bande en vullis.

Die groep het ge-eis om die burgemeester te sien en gesê dat hulle wil hê dat die omgewing by die vullisstortingsterrein skoon geskraap moet word. Hulle wil ook hê dat slegs die omheinde terrein vir vullisstorting gebruik moet word.

Die Ngwathe munisipaliteit se direkteur vir gemeenskapsdienste, Me Nhlapo, het aangedui dat die ontevredenes nie enige magte het om eise te stel nie en onwettig daar is. Lede van die Polisie se Openbare Orde Eenheid het hierop met die groep gepraat en gevra dat hul ‘n afspraak met die munisipale bestuurder, mnr. Bruce Kannemeyer, sal maak, om hul eise te bespreek.

Daar is ook gevra dat hul nie verder verkeer op die pad op onwettige wyse sal ontwrig nie.

Die pad is daarna gedeeltelik skoon gemaak en kon polisielede onttrek nadat die situasie onder beheer gebring is.

Van die boere het onderneem om die pad heeltemaal skoon te maak vir verkeer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button