CommunityPhoto Galleries

Kreatief met Zentangle kuns

Die VLU sien daarna uit om in die nuwe jaar heelwat gaste te ontvang.

Al gehoor van Zentangle? Die ontwerp van jou eie unieke patrone – ‘n heerlike tydverdryf, ontspannend en boonop maklik om te leer.
Annatjie Dreyer het dié kuns aan Vroue Landbou Unie (VLU) lede gedemonstreer toe daar gewys is hoe om Zentangle op ‘scrap’ papier te doen. Annatjie vertel die kunsvorm is 14 jaar gelede begin deur Maria Thomas en Rick Roberts van Massachusetts. Dalk onthou jy nog toe daar op skool vetkryt oor ‘n bladsy gesmeer is en dan met swart bo-oor geverf is. Daarna is ‘n prentjie op die papier geteken. Met Annatjie se demonstrasie het elke VLU-lid twee A5 bladsye gekry om met dié kuns te versier vir hul eie voor- en agterblad vir hul 2019 jaarboeke waaraan daar met groot geesdrif gewerk is.
Jenny Groenewalt en Anna-Marie Ferreira het die oggend as gaste bygewoon. Kom kuier saam by die VLU waar allerlei temas en kreatiewe wenke gedeel word. Gaste is baie welkom. As jy meer wil hoor van die VLU, skakel Bernadet van der Ende by 082 474 0304, of Annatjie Dreyer by 082 464 0204.
Die VLU sien daarna uit om in die nuwe jaar heelwat gaste te ontvang.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button