Die volgende byeenkoms van Feathers Voëlklub word op Donderdagaand 25 Oktober 2018 om 18:30 by die saal van Sally Martin Park gehou.
Alle belangstellendes is welkom om die byeenkoms by te woon.
Jean Wilson sal by die geleentheid haar foto’s en stories van voëls wat sy in die Noord-Kaap gesien het, kom deel.
‘n Onlangse vinnige besoek aan Vaal de Grace Nature Estate deur ’n paar klublede, was baie interresant en daar is besluit dat die klub die Nature Estate op Saterdag 27 Oktober sal besoek. Belangstellendes vertrek om 07:00 vanaf PnP se parkeerterrein.
Persone wat belangstel in voëls maar nie lid is van die klub nie, is baie welkom om saam te gaan. Bring jou piekniekmandjie, verkyker, voëlboek en stoel saam.
Vir meer inligting oor Feathers kan Hansie Bekker (056) 811 4754 / 082 820 4306) of Peter Killian by 083 625 8100 geskakel word.
You can read the full story on our App. Download it here.