Die voertuig wat aan die brand geslaan het na gister (Maandag 8 Oktober) se botsing op die R59.
Twee voertuie was Maandagaand net na 19:00 in ‘n botsing op die R59 by die N1 oorbrug betrokke toe twee beeste in die pad raakgery is.
Die beeste is op die toneel dood.
Een van die voertuie het aan die brand geslaan maar kon daarin geslaag word om die motorbestuurder betyds uit die wrak te kry.
Die bestuurders van beide voertuie is deur IMR na die Emfuleni Medi Clinic en Vereeniging Medi Clinic onderskeidelik geneem.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.