NewsNews

Betaal moet jy betaal- maar leiwater al ‘n maand laat

Die groot skuimbolle wat Saterdag in Derdelaan naby die Rooidam gesien is, is vermoedelik as gevolg van ‘n lid van die publiek wat oor die naweek die sluis by die Rooidam waaruit Parys sy leiwater onttrek, oopgemaak het. Dit het veroorsaak dat die damvlak met tot 20cm gesak het. Die gevolg van die onnadenkende optrede …

Die groot skuimbolle wat Saterdag in Derdelaan naby die Rooidam gesien is, is vermoedelik as gevolg van ‘n lid van die publiek wat oor die naweek die sluis by die Rooidam waaruit Parys sy leiwater onttrek, oopgemaak het.
Dit het veroorsaak dat die damvlak met tot 20cm gesak het. Die gevolg van die onnadenkende optrede is dat dit die visse in die dam onder nog groter druk geplaas het, met die verhoogde konsentraat as gevolg van besoedeling van die damwater met rioolwater en chemikalieë.

Die skuim by die Rooidam is egter nie ‘n ongewone gesig nie en is dit al vorige jare ook gesien.

Intussen is daar nog geen vooruitsig vir ‘n presiese datum wanneer daar weer leiwater vir die hele  dorp sal wees nie. Leiwater moes  sedert 1 September al deur die munisipaliteit aan inwoners voorsien word en voorlopige aanduidings is dat dit minstens nog twee weke kan neem.

Leiwater in Parys word tradisioneel gedurende die wintermaande gestaak vir instandhouding van die leiwaterkanale en vore. Met die winter wat verby is, is daar steeds ‘n groot gedeelte van die leiwaternetwerk agter die nywerheidsgebied van Parys wat nog nie skoongemaak is nie, en stukkende leivore wat nog nie herstel is nie.
Selfs wanneer dié herstelwerk gedoen is, sal die dam eers weer moet vol loop en gespoel moet word.
Ongelukkig is die voorsiening van leiwater juis van kardinale belang vir die dorp wat knaend onder ernstige watertekorte gebuk gaan. Sonder leiwater word baie munisipale water vir tuin natlei gebruik.
Gazette het die munisipale bestuurder, mnr. Bruce Kannemeyer, en munisipale woordvoerder, mnr. Steve Naale, oor die leiwater kwessie genader, maar het geen antwoord op die navraag ontvang nie.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button