
Die museumgebou het dringende instandhouding nodig. Met geen fondse wat beskikbaar is om instandhoudingswerk te doen nie, is daar ernstige kommer oor die verval van die gebou.
Vaal Glas & Alumi- nium het onlangs ingespring om die museum se gebreekte ruite te vervang, en vandeesweek het Jaco van Parys Nutsman, en sy span die museum se dak reggemaak en verfwerk aan die buitekant van die gebou gedoen.

Jaco van Parys Nutsman, en sy span wat die afgelope week gehelp het met herstel- en verfwerk by die Parys Museum.

Die geknakte hout stoeppaal wek egter groot kommer en moet baie dringend reggemaak word.

Nou is daar nog dringende herstelwerk nodig aan die hout stoeppaal wat geknak het, en die vrees laat dat die stoep se dak kan val. Nog ‘n groot behoefte is internet by die museumgebou wat onder die leiding van Iris Andrew uiteindelik weer op sekere tye oopgestel kon word vir die publiek.
Kan jy help? Skakel Iris Andrew by 083 650 8712.




