’n Wêreldkampioen! Dregan Brink wat die afgelope naweek aangewys is as wenner van die o.11 Laser-Run by die UIPM Laser-Run Wêreldkam-pioenskappe in Dublin, Ierland.
Dregan Brink van Parys Primêre skool het homself die afgelope naweek as die heel beste in die wêreld bewys.
Dregan, wat Suid-Afrika verteenwoordig het by die UIPM Laser-Run Wêreldkam- pioenskappe in Dublin, Ierland, was Saterdag eerste in die so.11 finaal in ‘n tyd van 03:02:07. Vir die kompetisie moes hy 2 keer met ‘n lasergeweer na ‘n 5m teiken skiet, en dan 2 keer 400m hardloop om die beurt. Sondag het hy nog twee goue medaljes verower in die ope groep en gemengde aflos vir seuns en dogters. Hy word afgerig deur Annie Marais, onderwyseres van Parys Primêr wat self ook vanjaar tot by die SA’s gevorder het. Dregan is die seun van Chris en Christine Brink.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.