NewsNews

Ontevrede werkers versper Koppies-grondpad

Wees versigtig - pad kan môre weer versper wees.

‘n Groep van sowat 50 werkers van die konstruksiemaatskappy Razmataz, het vanoggend (Woensdag 3 Oktober) die Parys/Koppies-grondpad met klippe en brandende bande versper. Die ongelukkigheid gaan na wat verneem is glo oor oortyd-betalings.

Die pad was van 06:30 tot 09:30 toe en daar word verwag dat die pad moontlik môre (Donderdag 4 Oktober) weer vir ‘n tyd nie toeganklik sal wees vir motoriste. Die maatskappy moet môre antwoorde vir die werkers gee.

Motoriste is gewaarsku om versigtig te wees en waar moontlik eerder van alternatiewe roetes gebruik te maak.

Die polisie se Openbare Orde eenheid en Tumahole SAPD lede hou ‘n wakende oog.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button