NewsNews

Klipgooier op R59 wou Prinse moontlik kaap

“Ek was duiselig en effe gedisoriënteerd. Ek het nie geweet of ek geskiet is nie,” sê Tom na aanval op R59-hoofweg

Tom Prins, wat teen die agterkop deur ‘n aanvallers se klip getref is.

VEREENIGING. – “Ek het skielik ‘n hou teen my agterkop gevoel. Daar was oral glasstukke. Ek het nie geweet of ek geskiet is nie maar het besluit om net aan te hou ry.”
Só vertel Tom Prins, ‘n inwoner van Vereeniging, van sy en sy vrou Annette se skokervaring toe hy verlede Dinsdagaand op die R59-snelweg getref is deur ‘n klip wat deur ‘n klipgooier na hul voertuig gegooi is.
“Ons was die aand omstreeks 21:00 op die R59 naby die Jan van Riebeeck-afrit en het niks verdag gesien nie. Die volgende oomblik was dit soos ‘n ontploffing. Glasstukke oral en ‘n hou teen die agterkant van my kop.
“Ek was duiselig en effe gedisoriënteerd. Ek het nie geweet of ek geskiet is nie en het vir Annette gesê ek gaan nie stilhou nie, maar as ek omdop, moet sy oorvat,” sê Tom.
Toe hulle ‘n rukkie later by die huis kom en behoorlik ondersoek kon instel, het hulle besef die klip, so groot soos ‘n man se vuis, het eers die kantruit aan die bestuurderskant laat versprlinter voordat dit hom teen die kop getref het. Tom het ‘n knop aan die agterkop gehad, wat hy en sy vrou met yspakke behandel het.
“Ek het die volgende dag by PG Glass by ‘n swartman verneem dat sy seun dieselfde aand op dieselfde plek sowat 15 minute voor ons, met ‘n skerp voorwerp teen die windskerm gegooi is. Hy het ook aanhou ry. Persoonlik dink ek die motief in albei gevalle was ‘n kapingspoging,” sê Tom. Hy het sy ervaring op Vaalweekblad se Facebook-groep gedeel om ander inwoners te waarsku dat dié roete saans gevaarlik kan wees.

 

Die klip, so groot soos ‘n man se vuis.

Related Articles

Back to top button