CommunityNews

Vyf en sestig jaar is genade en nie prestasie, sê egpaar

Vyf en sestig jaar is genade en nie prestasie, sê egpaar

Die plaaslewe en baie geduld. Dit is die Meyer-egpaar van Parys se suksesresep vir 65 jaar se getroude lewe wat hulle op 29 September sal vier. Willie (90) en Wina (88) Meyer is die afgelope nege jaar in Parys gevestig en kom oorspronklik van Tweeling waar Willie geboer het tot op 81. Vandag nog is hy ‘n kranige tuinier wat graag werskaf in sy groentetuin. Wina is op haar beurt ook ‘n vrou van vele talente. ‘n Onderwyseres van beroep wat op haar dag orrelis was in haar kerk, die mooiste naaldwerk gedoen het en selfs trourokke gemaak het.
Ongelukkig laat haar sig haar nie meer toe om te kan lees en naaldwerk te doen soos vroeër nie, maar is sy nog vol kwinkslae.
Die egpaar is destyds op Frankfort getroud. Uit die huwelik is vier kinders gebore, en vandag het hulle  9 kleinkinders en 7 agterkleinkinders.
Om saam so op jou voete te kan oud word, sê hulle is geen prestasie nie, net ’n genade. En dit sien jy wanneer jy hoor hoe bedrywig dié twee nog is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button