Die fetus van ‘n seuntjie is gisteroggend (25 September) omstreeks 11:30 in ‘n rioollyn van ‘n kompleks in Gerrit Dekkerstraat, Potchefstroom, gevind.
Volgens Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het ‘n loodgieter die gru-vonds gemaak nadat hy uitgeroep is om ‘n geblokte rioollyn oop te maak.
“Ongelukkig was daar niks wat paramedici kon doen nie,” het Meiring gesê.
Die polisie was op die toneel en ‘n saak van verberging van geboorte word ondersoek.
Daar is betroubaar verneem dat die fetus lyk of dit al ongeveer vyf maande oud was voor dat aborteer is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



