HealthLifestyle

Wat jy moet weet oor Alzheimer en ander vorme van demensie

Herken die tekens

Wat jy moet weet oor Alzheimer en ander vorme van demensie
* Demensie is ‘n fisiese siekte wat die brein aantas.
* Namate die siekte vererger, rig dit al hoe meer skade aan die brein aan.
* Die mens se oordeelsvermoëns verswak totdat hy uiteindelik nie meer ‘n normale lewe kan lei nie.
* Alzheimers kan enigeen tref, maar dit is gewoonlik ouer persone wat geaffekteer word.
* Demensie soos Alzheimers is nie aansteeklik nie.
* Geen enkele faktor kon nog as die oorsaak van demensie aangewys word nie. Dit is egter definitief nie die gevolg van toordery of ‘n vloek nie.

Die aanvang van verloop van Alzheimer’s verskil van persoon tot persoon. Tekens en simptome word mettertyd ernstiger en erger. ‘n Kombinasie van simptome kan tegelykertyd ervaar word.

Tien waarskuwingstekens
* Toenenemde en aanhoudende vergeetagtigheid.
* Lomp en onsamehangende spraak.
* Verloor vaardigheid. Sukkel om self aan te trek.
* Swak higiëne. Alzheimer-lyers gee nie om hoe hul lyk en weier soms om te was of bad.
* Wisselende gemoedstoestande. Soms erg bang, teneergedruk of aggresief, dan weer opgewek.
* Vreemde gedrag, soos om onderklere bo-oor gewone klere te dra of in die openbaar te ontklee.
* Alzheimer-lyers verdwaal maklik, selfs in ‘n bekende omgewing soos hul eie huis of buurt.
* Hul vergeet ou bekendes en selfs gesinslede se name en voorkoms.
* Hul kan gebeure van lank gelede goed onthou, maar vergeet wat kort tevore gebeur het.
* Hul is suspisieus en verdink of beskuldig soms ander mense dat hul dinge steel of wegsteek.

Related Articles

Back to top button