NewsNews

Man in sy bed doodgery

Man in sy bed doodgery

 Jannie du Plessis – Vaalweekblad

Die ongeluk was in Celliersstraat in Bonnane toe die bestuurder van die Polo by die 90 grade draai in Celliersstraat reguit oorgery het. Die voertuig is bo-oor klipversperrings en deur die plakkershut waar die voertuig bo-op die man te lande gekom terwyl hy geslaap het. Hy is opslag dood en ER24 het hom op die toneel dood verklaar. Hy was die enigste persoon in die plakkershut.

Die gemeenskap het die bestuurder, wat moontlik onder die invloed was, uit die voertuig geruk en hom begin aanrand. Die Polisie was vinnig op die toneel en het die man in die vangwa toegesluit. Die gemeenskap, polisie en insleepdiens van Vaal Auto Craft het probeer om die voertuig van die oorledene af te lig maar kon nie daarin slaag nie.

Die brandweer is ontbied en het later met hidroliese toerusting die voertuig gelig en die lyk is verwyder. Terwyl die brandweer al die plate en rommel van die voertuig verwyder, het hulle die vermoedelik besope passasier in die voertuig gevind waar hy vas aan die slaap is. Dit was ongeveer ‘n uur na die ongeluk gebeur het. Hy is dadelik deur die polisie na die vangwa begelei vir sy eie veiligheid.

Forensiese deskundiges was op die toneel en die bestuurder is geneem vir alkohol toetse en is in die selle toegesluit. Die polisie ondersoek die saak.

Vaalweekblad.com

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button