NewsNews

Feathers kuier by Savannah Game and River Retreat

Feathers Voëlklub - kom kuier saam.

Feathers Voëlklub nooi alle belangstellendes uit om hul byeenkoms op Donderdagaand 27 September  om 18:30 by die Sally Martin Park-saal by te woon.
Peter en Poppie Killian sal by die geleentheid hul foto’s van voëls wat hul in die Modimole (Nylstroom)-omgewing gesien het, kom deel.
Die klub het Savannah Game and River Retreat meer as vier jaar laas besoek en dit is tyd om weer te gaan kyk hoe lyk die voëlverskeidenheid daar. Belangstellendes vertrek op Saterdag 29 September om 07:00 vanaf die PnP parkeerterrein om Savannah te besoek.
Persone wat belangstel in voëls, maar nie lid is van die klub nie, is baie welkom om saam te gaan. Bring jou piekniekmandjie, verkyker, voëlboek en stoel saam.
Vir meer inligting oor Feathers kan Hansie Bekker by (056) 811 4754 of 082 820 4306, en Peter Killian by 083 625 8100 geskakel word.

Related Articles

Back to top button